“Ek het nooit geweet dat God ’n naam het nie”
◼ ’n Vrou het hierdie woorde gesê nadat sy die boek Wat leer die Bybel werklik? gelees het. “Maar dit maak sin”, het sy bygevoeg. “Toe ek God se naam in die Bybel opgesoek het, was dit daar!” Sy het verduidelik: “Ek het nog nooit ’n boek oor die Bybel gelees wat so nuttig is en so maklik is om te verstaan nie!”
Die Leer Bybel-boek toon nie net dat dit God se oorspronklike voorneme was dat die aarde ’n paradys moet wees nie, maar toon ook duidelik hoe daardie voorneme vervul sal word. Die boek openbaar die noodsaaklike rol wat God se Seun, Jesus Christus, in die verwesenliking van hierdie voorneme speel. Dit voorsien die Bybel se verduideliking van waarom ons oud word en sterf, waarom God lyding toegelaat het en hoe God se Koninkryk verligting van alle lyding sal bring.
Hoewel die Leer Bybel-boek nog net drie jaar beskikbaar is, is meer as 79 miljoen eksemplare al in 220 tale gedruk. Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.