Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/08 bl. 3
  • Die Laaste dae—Waarvan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Laaste dae—Waarvan?
  • Ontwaak!—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah verseker Daniël van ’n wonderlike beloning
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Die boek Daniël en jy
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Versterk deur ’n boodskapper van God
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Glanspunte uit die boek Daniël
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 4/08 bl. 3

Die Laaste dae​—Waarvan?

GESTEL iemand sê vir jou: “Ons lewe in die laaste dae.” Wat beteken dit? Die uitdrukkings “die laaste dae” en “die tyd van die einde” word al lank gebruik (2 Timoteus 3:1; Daniël 12:4). Meer as 2 500 jaar gelede is die profeet Daniël visioene gegee van wêreldmagte en van die konflikte wat tot in “die tyd van die einde” tussen hulle sou plaasvind. Daar is vir hom gesê dat die betekenis van hierdie visioene in daardie tyd geopenbaar sou word (Daniël 8:17, 19; 11:35, 40; 12:9). Daniël het ook geskryf: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. En die koninkryk sal aan geen ander volk oorgedra word nie. Dit sal al hierdie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, en self sal dit tot onbepaalde tye bly staan.”—Daniël 2:44.

Jesus Christus het na “die einde” verwys toe hy ’n vraag beantwoord het oor “die teken van [sy] teenwoordigheid en van die voleinding van die stelsel van dinge” (Matteus 24:3-42). Daniël sowel as Jesus het klaarblyklik na ’n finaliteit verwys—’n dramatiese verandering wat mense wat op ons planeet woon en in die verlede daarop gewoon het, sal raak. Daniël het geskryf van die einde van alle aardse regerings. Jesus het gepraat van “die voleinding van die stelsel van dinge”.

Behoort jy bekommerd te wees? Ja, natuurlik. Alle mense behoort te wees, aangesien almal betrokke is. Baie neem nietemin hierdie saak ligtelik op. Die Bybel het voorspel: “In die laaste dae [sal daar] spotters . . . kom met hulle spotterny, wat ooreenkomstig hulle eie begeertes handel en sê: ‘Waar is sy beloofde teenwoordigheid dan? Van die dag af dat ons voorvaders ontslaap het, bly alles dan net soos van die begin van die skepping af’” (2 Petrus 3:3, 4). Ja, party voel vandag dat die geskiedenis hom net bly herhaal en dat die lewe soos ons dit ken, eindeloos op hierdie manier sal voortduur.

Is daar enige bewys dat ons werklik in die tyd lewe wat die Bybel die laaste dae noem? Kom ons kyk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel