’n Geskenk wat baie waardeer is
Wanneer ’n geskenk in ’n behoefte voorsien en werklik waardeer word, verskaf dit vreugde aan die gewer sowel as die ontvanger. ’n Hooggeplaaste staatsamptenaar in Mexiko het onlangs na die takkantoor van Jehovah se Getuies geskryf om dankie te sê vir die boek Leer by die Groot Onderwyser wat sy ontvang het. Haar brief sê gedeeltelik:
“Die inhoud van hierdie boek is werklik kosbaar. Ek kan sien dat die inligting prakties en op ons daaglikse lewe van toepassing is, al is dit op ’n baie ou boek gebaseer.
“Ek is daarvan oortuig dat ons as ouers waardes by ons kinders moet inskerp wat hulle in staat stel om te onderskei hoe hulle moet optree en wat hulle help om verantwoordelike mense te word en eerbiedig en eerlik te wees in ’n wêreld waarin hierdie dinge ontbreek. Ons moet hulle bowenal help om te besef dat daar ’n liefdevolle, goedhartige Opperwese bestaan. Glo my, die materiaal wat julle gestuur het, sal baie nuttig wees in my beroep sowel as in die taak wat ons Skepper aan ouers toevertrou het om ons kinders te help om volwassenes te word wat hulle naaste liefhet.”
Hierdie staatsamptenaar het die waarde besef van die lesse wat geleer kan word uit die leringe en voorbeeld van Jesus Christus en wat in Leer by die Groot Onderwyser aangebied word. Jy kan ook ’n eksemplaar van hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye kry, wat dieselfde bladsygrootte as hierdie tydskrif is. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief ’n eksemplaar van hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.