“Dit is wonderlik!”
“Dit is so maklik om te lees, die illustrasies is ongelooflik doeltreffend, die aanhangsel met aanvullende inligting is uitmuntend en die boek bereik werklik ’n mens se hart. Dit is wonderlik!”—John en Paula.
“Wat leer die Bybel werklik? is absoluut voortreflik omdat dit so duidelik en eenvoudig is! Dit sal nuwe Bybelstudente sekerlik beweeg om ontslae te raak van alles wat hulle verhinder om Jehovah met ’n volkome hart te dien. Julle kan seker agterkom dat ek so opgewonde oor die boek is dat ek dit nie in woorde kan uitdruk nie.”—Joe.
“Julle het dit waaraan mense werklik dink, vasgevang, wat regtig vir hulle van belang is. En al julle antwoorde kom uit God se Woord, die Bybel.”—Robert.
“Dit is absoluut pragtig, en die sinne is maklik om te verstaan en die verduidelikings is puik. Dit sal ongetwyfeld baie harte bereik.”—Norma.
Wat leer die Bybel werklik?—’n boek met 224 bladsye en kleurvolle illustrasies—is nou in meer as 140 tale op versoek beskikbaar. Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
Vra jou eie eksemplaar aan!
□ Lewer asseblief die boek Wat leer die Bybel werklik? by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.