Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 10/22 bl. 31
  • Vertroosting te midde van ’n tragedie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertroosting te midde van ’n tragedie
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 10/22 bl. 31

Vertroosting te midde van ’n tragedie

Dolores Gómez, een van Jehovah se Getuies in ’n dorpie naby Barcelona, Spanje, was 44 jaar oud toe haar dokter haar meedeel dat sy ’n breingewas het. Hy het gesê dat sy nie veel langer as agt maande sal lewe nie. Haar mede-Christene het oorvloedige liefde aan haar betoon. Gedurende die laaste dae voor haar dood het haar familie, wat nie Getuies is nie, haar uit verskillende dele van Spanje kom besoek.

Die plaaslike Getuies het na hulle omgesien en aan hulle verblyf, maaltye, vervoer en ander noodsaaklike ondersteuning voorsien. Dolores se onwrikbare geloof en waardigheid tot die einde toe, tesame met die gasvryheid van die plaaslike Getuies, het die harte van haar familie geraak. Die volgende brief druk hulle gevoelens uit.

“Hierdie brief word gerig aan ’n groep mans en vroue wat nie net ’n getuienis lewer deur hulle liefde vir hulle medemens nie, maar ook deur dade wat toon dat hulle opregte gevoelens uit die diepte van hulle hart kom. Ons kon dit ervaar gedurende ’n unieke tydperk in ons lewe, tydens die ongeneeslike siekte van ons suster Loli [Dolores].

“Daarom wil almal van ons (haar familie uit afgeleë dele van Spanje) wat saam die pyn van hierdie groot verlies voel, graag ons diepste gevoelens van dankbaarheid en geneentheid betuig teenoor julle almal wat in haar vreugdes en hartseer, in haar oorwinnings en verdriet gedeel het, tot die laaste oomblik van haar bestaan hier op aarde.

“Ons wil ook hê julle moet weet dat ons een van die grootste blyke van liefde en eenheid ervaar het. Ons keer terug na ons huise en na ons gesinne en verpligtinge, maar ons sal nie dieselfde wees nie, aangesien ons vir ewig geraak is deur die kragtige uitwerking van liefde wat in ons suster Loli en in julle aanwesig was, en dit versterk ons om van dag tot dag aan te hou lewe.

“Ons sê totsiens met hartlike geneentheid en ’n diepe gevoel van waardering. Tot ons weer ontmoet, vriende, mag Jehovah julle met oorvloedige geluk seën.”

Geteken deur die familie, asook broers en susters van Dolores Gómez

[Prente op bladsy 31]

Party van die plaaslike Getuies

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel