Gee God werklik om?
◼Baie mense redeneer dat as daar ’n God is, hy nie sal toelaat dat mense soveel ly nie. ’n Algemene vraag wat sommige vra, is: “Waar was God toe ons hom nodig gehad het?” Deur die geskiedenis heen het miljoene mense verskriklike ellende verduur, selfs ’n marteldood gesterf.
Terselfdertyd lewer die wonderbaarlike orde en ontwerp van lewende dinge duidelike bewys van ’n Skepper wat omgee. Waarom sou ’n God wat vir ons omgee, sulke verskriklike lyding toelaat? As ons God op die regte manier wil aanbid, moet ons ’n bevredigende antwoord op hierdie belangrike vraag kry. Waar kan ons dit vind?
Ons nooi jou om ’n eksemplaar van die brosjure Gee God werklik vir ons om? te kry. Ons is seker dat ’n deeglike ondersoek van die dele “Waarom God lyding toegelaat het” en “Wat was die gevolg van opstand?” jou bevredigende antwoorde sal gee.
Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Gee God werklik vir ons om? by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.