“My professors was baie beïndruk”
Dit is wat ’n eerstejaar- mediese student aan die staatsgesteunde Mediese Universiteit van Tbilisi in Georgië gesê het in ’n brief aan die uitgewers van die Ontwaak! Waarom het hierdie student aan Ontwaak! geskryf?
“Ek lees julle tydskrifte al sedert 1998. . . . Dit help my werklik met my studies. Die artikels is altyd aktueel en vol betroubare inligting. Ek het onlangs inligting uit die reeks ‘Stamselle—Het die wetenskap te ver gegaan?’ in die Ontwaak! van 22 November 2002 gebruik vir ’n werkstuk oor die onderwerp ‘Kloonvorming en stamselsoorte’. My professors was baie beïndruk, en ek het die hoogste punte gekry.
“Ek is baie bly dat julle artikels oor sulke interessante onderwerpe publiseer, veral oor die geneeskunde. Hoewel nie ek of my familie Jehovah se Getuies is nie, geniet ons julle tydskrifte terdeë, want dit help ons om ons kennis oor die wêreld om ons uit te brei.”
Jy sal dalk verbaas wees om te hoor dat die Bybel praktiese leiding bevat wat liggaamlike en geestesgesondheid bevorder. Verdere inligting hieroor kan in die boeiende brosjure met 32 bladsye, ’n Boek vir alle mense, gevind word. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure ’n Boek vir alle mense by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.