Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g04 10/8 bl. 27
  • “Ons wil nie Allerheiligeaand vier nie!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ons wil nie Allerheiligeaand vier nie!”
  • Ontwaak!—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die oorsprong van Halloween?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die waarheid oor Allerheiligeaand
    Ontwaak!—2013
  • Die waarheid oor gewilde vierings
    Ontwaak!—2001
  • Gewilde vierings—Onskadelike pret?
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—2004
g04 10/8 bl. 27

“Ons wil nie Allerheiligeaand vier nie!”

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BELGIË

Dit is wat ’n klas in ’n skool in Tienen, België, besluit het. Waarom het die leerlinge so besluit? In België is dit ’n redelik onlangse gebruik om Allerheiligeaand (Halloween) te vier. Hierdie skool sou in werklikheid op 31 Oktober 2002 die vakansiedag vir die eerste keer vier. Voordat daardie dag aangebreek het, het die onderwyseres al die kinders dus ’n taak gegee wat met Allerheiligeaand verband hou. “Hoe leliker en hoe skrikwekkender, hoe beter!” het sy bygevoeg.

Een van die kinders in die klas was die 10-jarige Matthias. Hy het onthou dat hy oor die verskuilde gevare van gewilde vieringe soos Allerheiligeaand in die Ontwaak! van 8 Oktober 2001 gelees het. Hy het besef dat Allerheiligeaand met dinge gepaardgaan wat God nie behaag nie. Vir sy taak het Matthias dus ’n verslag geskryf wat op die artikels gebaseer was. Nadat Matthias se onderwyseres die inligting sorgvuldig deurgelees het, het sy besef dat Allerheiligeaand nie so onskuldig is as wat die meeste mense dink nie. Sy het Matthias toe gevra om ’n aanbieding oor die onderwerp voor die klas te doen.

Toe Matthias met sy aanbieding begin het, het dit gelyk of sommige van die leerlinge nie aandag skenk nie. Maar ná ’n rukkie het almal van hulle aandagtig begin luister na sy verduideliking. Aan die einde van sy aanbieding het die onderwyseres die klas gevra of hulle nog steeds Allerheiligeaand wou vier. Die hele klas het “Nee!” geantwoord. Een leerling het gesê: “Dis afskuwelik!” ’n Ander het gesê: “Ek het nie geweet dat Allerheiligeaand so min respek toon vir mense wat gesterf het nie.”

Hierdie ondervinding was vir Matthias, wat voorheen redelik skugter was, ’n groot aansporing om ondanks druk by sy Bybelse oortuiging te bly. Sy onderwyseres sowel as sy klasmaats het ook groter respek vir hom as een van Jehovah se Getuies gekry.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel