Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g04 5/8 bl. 32
  • ‘Sien die goeie land’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Sien die goeie land’
  • Ontwaak!—2004
Ontwaak!—2004
g04 5/8 bl. 32

‘Sien die goeie land’

“Hierdie wonderlike hulpmiddel is net wat ek nodig gehad het”, het ’n vrou geskryf nadat sy ‘Sien die goeie land’, ’n nuwe brosjure met Bybelkaarte, deurgegaan het. “Die plekke, mense en situasies in die Skrif het nou vir my nuwe betekenis gekry.”

Hierdie volkleurbrosjure met 36 bladsye help studente van God se Woord om Bybelverslae te visualiseer. “Wanneer ’n mens die verhewe ligging van die tempel met dié van die omliggende gebied vergelyk, help dit jou om die tekste te verstaan wat van Jehovah se ‘verhewe’ aanbidding praat,” sê sy verder. “Dit is ’n groot hulp om duidelik te kan sien waar die vrystede, asook ander plekke in die Hebreeuse sowel as die Griekse Geskrifte, geleë was. Ek het hierdie pragtige brosjure in my studie van die Bybelboek Handelinge begin gebruik.”

Die vrou het ten slotte gesê: “Ek sal hierdie pragtige geskenk altyd gebruik wanneer ek God se Woord lees.”

Jy kan hierdie brosjure, ‘Sien die goeie land’, aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure ‘Sien die goeie land’ by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel