Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g04 5/8 bl. 19
  • Wanneer jou baba nie wil ophou huil nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer jou baba nie wil ophou huil nie
  • Ontwaak!—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat babas nodig het en wil hê
    Ontwaak!—2003
  • Hoe babas ’n huwelik verander
    Julle gesin kan gelukkig wees
  • Babavervoer—Die Afrikamanier en die Noord-Amerikaanse manier
    Ontwaak!—1995
  • Gee kinders wat hulle nodig het
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—2004
g04 5/8 bl. 19

Wanneer jou baba nie wil ophou huil nie

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN KANADA

DIE dokter het bevestig wat die ma alreeds vermoed het. Haar baba het ’n tipiese geval van koliek. Hierdie sindroom tas “tot een uit vier kinders” aan, sê die koerant Globe and Mail van Kanada. Simptome van die toestand is onder andere dat die baba ten minste drie dae per week ure lank huil. Wat kan ’n bekommerde ouer doen? Kinderartse sê dat die ouers—en kind—dit in baie gevalle maar net moet verduur. Maar hoe lank?

’n Nuwe Kanadese studie van ma’s met koliekbabas toon dat meer as 85 persent van koliekgevalle bedaar het teen die tyd dat die babas drie maande oud was. Die navorsing, wat saamgestel is deur dr. Tammy Clifford, hoof van epidemiologie by die Kinderhospitaal van Oos-Ontario se Navorsingsinstituut, het ook getoon dat ’n koliekbaba nie ’n blywende uitwerking op die ma se geestesgesondheid het nie. “Teen ses maande ná die geboorte is hulle presies soos ma’s sonder koliekbabas”, sê dr. Clifford. “Dit is amper asof hulle heeltemal van die huilery vergeet wanneer dit ophou.”

Hierdie nuwe navorsing wat deur dr. Clifford en haar kollegas gepubliseer is, sê die Globe, “voeg belangrike besonderhede by die wetenskaplike kennis oor koliek, want dit toon dat daar drie soorte koliekbabas is: dié wie se toestand verskyn en binne die driemaande-tydperk weer verdwyn; dié met onophoudelike koliek wat etlike maande voortduur; en ’n klein groepie wat koliek betreklik laat ontwikkel, ’n paar maande ná geboorte”. ’n Opvolgstudie word gedoen om inligting in te samel oor die ontwikkeling van koliekagtige kinders terwyl hulle grootword, en dit is die laasgenoemde groep wat veral interessant is.

Knaende huilery is blykbaar ’n aanleidende oorsaak in gevalle van babaskudsindroom. Soos die Globe berig het, “sal huilery op sigself nie die baba benadeel nie, maar as die baba hard geskud word, selfs vir ’n kort rukkie, kan dit blywende neurologiese skade aanrig en selfs die dood veroorsaak”.

Aan die ander kant kan ’n baba se huilery voordelig wees, al ís dit knaend. “Navorsing het getoon dat babas wat baie huil, eintlik baie meer aandag van hulle versorgers kry”, sê die Globe, dit wil sê, “hulle word meer aangeraak, daar word meer vir hulle geglimlag, meer met hulle gesels en hulle word meer vasgehou”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel