‘Dit het my bedenkinge oor God se naam uit die weg geruim’
’n Spaanssprekende man van San Diego, Kalifornië, het die woorde hierbo geskryf in ’n brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in die Verenigde State. Hy het verduidelik: “Hoewel ek nie ’n lid van julle organisasie is nie, geniet ek dit om julle lektuur te lees. Ek skryf nou om julle geluk te wens. Drie dae gelede het ’n brosjure wat ek in die vullis gekry het, my aandag getrek. Ek het dit opgetel, al was dit nat. Die titel daarvan is Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan. Nadat ek dit drooggemaak het, het ek dit noukeurig deurgelees.
“Ek was nog nooit tevore so geboei deur iets wat ek gelees het nie. Ek glo nie daar is in die hele wêreld enigiets wat dit kan ewenaar nie. Dit het al my bedenkinge oor God se naam uit die weg geruim. Ek gebruik reeds hierdie beskadigde brosjure om my godsdienstige vriende oor die goddelike naam te leer. Ek vra hulle: ‘Wat is God se naam?’ maar hulle weet nie wat die antwoord is nie! Dan wys ek vir hulle die brosjure. Stuur asseblief vir my drie nuwe brosjures in Spaans.”
Jy kan die brosjure met 32 bladsye, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.