Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 12/8 bl. 32
  • Hulle het geleer dat God hulle liefhet

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het geleer dat God hulle liefhet
  • Ontwaak!—2003
Ontwaak!—2003
g03 12/8 bl. 32

Hulle het geleer dat God hulle liefhet

Party vind dit moeilik om te glo dat enigiemand—selfs God—hulle innig kan liefhê. Nadat hulle dus die boek Kom nader aan Jehovah gelees het, het baie persone briewe geskryf en hulle waardering uitgespreek vir die versekering wat dit gee. “Ek is oorweldig deur hoe lief Hy my het, selfs met al my tekortkominge”, het ’n vrou van Decatur, Illinois, VSA, geskryf.

Sy het verder geskryf: “Ek het van vreugde gehuil toe ek die stelling [op bladsy 117] lees: ‘As ’n regverdige Vader hou Jehovah fermheid vir wat reg is in ewewig met tere medelye vir sy aardse kinders, wat sy hulp en vergifnis nodig het.’”

’n Man van Ripon, Kalifornië, het geskryf: “Baie dankie dat julle vir my gewys het dat Jehovah my wel liefhet. Hy gee inderdaad om. Ek is nie net nog ’n nommer op ’n stuk papier nie.” ’n Vrou in New Hampshire het gesê: “Ek voel soms dat ek nie die boek kan neersit nie.” Sy het verduidelik: “Dit was vir my baie moeilik om werklik te glo dat Jehovah my kon liefhê.” Die boek was dus net wat sy nodig gehad het.

Ons is vol vertroue dat jy ook daarby sal baat vind as jy hierdie boek lees. Na drie inleidende hoofstukke is die boek in vier dele verdeel: “Sterk in krag”, “Het geregtigheid lief”, “Wys van hart” en “God is liefde”. Elke deel vestig die aandag op een van God se hoofeienskappe. Die hoofstuk “Kom nader aan God, en hy sal nader aan jou kom” sluit hierdie motiverende boek af.

Jy kan hierdie sagtebandboek met 320 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Kom nader aan Jehovah sonder verpligting by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel