Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 11/8 bl. 32
  • ‘’n Tydskrif wat verteer moet word’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘’n Tydskrif wat verteer moet word’
  • Ontwaak!—2003
Ontwaak!—2003
g03 11/8 bl. 32

‘’n Tydskrif wat verteer moet word’

DAVID is ’n regstudent aan die Obafemi Awolowo-universiteit in Nigerië. Hy het onlangs aan die plaaslike takkantoor van Jehovah se Getuies geskryf: “Ek lewer die Ontwaak! gereeld by ’n gerespekteerde, 70-jarige professor van regsgeleerdheid af. Een oggend, nadat hy die jongste nommers van die tydskrif gekry het, het hy vir ’n besoeker in sy kantoor gesê: ‘Party boeke moet geproe word, ander moet gesluk word en net ’n paar moet gekou en verteer word. Ontwaak! is ’n tydskrif wat gekou en verteer moet word.’”

By ’n ander geleentheid het David, nadat hy die professor se kantoor verlaat het, gehoor hoe die professor die Ontwaak! by ’n ander besoeker aanbeveel. “Hy het met groot lof gepraat oor hoe goed die artikels in die Ontwaak! nagevors word, asook oor die gebalanseerde maar openhartige benadering van kwessies. Ek het hom hoor sê: ‘Ek lees die tydskrifte baie noukeurig. God is seker die een wat die skrywers die wysheid gee om sulke wonderlike artikels te skryf.’”

Die Ontwaak! is leersaam en dek baie onderwerpe. Wat die belangrikste is, is dat dit vertroue opbou in die Skepper se Bybelse belofte van ’n vreedsame nuwe wêreld wat die huidige stelsel van dinge sal vervang. Die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons? beklemtoon hierdie voorneme van God en verskaf inligting uit die Bybel om te toon wat ons moet doen om sy goedkeuring te ontvang. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel