Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 10/8 bl. 32
  • Sleutels tot ’n suksesvolle huwelik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sleutels tot ’n suksesvolle huwelik
  • Ontwaak!—2003
Ontwaak!—2003
g03 10/8 bl. 32

Sleutels tot ’n suksesvolle huwelik

“Bedrieg net genoeg: dit is die sleutel tot ’n suksesvolle romantiese verhouding”, sê La Presse. Die Kanadese koerant het berig gelewer oor ’n studie wat leuens in ’n goeie lig stel. Die studie is in die Journal of Social and Personal Relationships gepubliseer. Professor Tim Cole, van De Paul-universiteit, Chicago, VSA, sê: “Deur net genoeg te bedrieg [of te lieg], kan ons die voordele van [’n romantiese] verhouding geniet sonder om dit in gevaar te stel.”

Maar is leuens werklik ’n sleutel tot ’n suksesvolle huwelik? Die Bybel vermaan Christene: “Noudat julle onwaarheid afgelê het, moet julle . . . die waarheid praat, elkeen van julle met sy naaste” (Efesiërs 4:25). Is hierdie raad prakties? Toe ’n egskeidingsprokureur gevra is wat die hoofrede is waarom egpare uitmekaar gaan, het hy geantwoord: “Die onvermoë om eerlik met mekaar te praat, hulle diepste gevoelens te openbaar en mekaar as hulle beste vriend te behandel.”

Wat is dan die geheim van ’n gelukkige huwelik? Hoofstuk 3 van die boek Die geheim van gesinsgeluk is getiteld “Twee sleutels tot ’n blywende huwelik”. Dit bespreek twee noodsaaklike faktore wat dit vir ’n paartjie moontlik maak om gelukkig saam te lewe, en sodoende die deur tot talle seëninge te ontsluit. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel