Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 8/8 bl. 32
  • Die vraag oor die ontstaan van lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vraag oor die ontstaan van lewe
  • Ontwaak!—2003
Ontwaak!—2003
g03 8/8 bl. 32

Die vraag oor die ontstaan van lewe

IN Frankryk word die evolusieteorie op skool en in die media as ’n onbetwisbare feit aangebied. Gevolglik dink mense, selfs as hulle aan God glo, gewoonlik dat evolusie die enigste moontlike verduideliking vir die ontstaan van lewe is. Maar baie wat die ingewikkelde ontwerp van lewende organismes fassinerend vind, is nie oortuig dat die teorie waar is nie. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Frankryk het die volgende brief ontvang:

“Ek het onlangs ’n boek wat deur julle uitgegee word, Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?, in ’n tweedehandse boekwinkel gevind. Hierdie boekie was vir my baie interessant, aangesien ek dink dat dit aandag gee aan die ware kwessies wat ter sprake is. Ek is as ’n fisikus opgelei en stel al jare lank belang in die ingewikkelde probleme van ‘Darwinisme’ en ander ‘evolusieteorieë’. Hierdie teorieë bied glo ’n verduideliking van hoe lewelose dinge in lewende dinge verander het en hoe lewe uit lewelose dinge ontstaan het.”

Nadat hy hierdie “boekie” gelees het, het die briefskrywer gesê: “Lewe—Hoe het dit hier gekom? is baie goed saamgestel en gedokumenteer en gee ’n uitstekende opsomming van die struikelblokke en onoplosbare teenstrydighede in die teorie van sintetiese evolusie waarin baie hedendaagse wetenskaplikes glo.” Hy het toe meer inligting gevra.

As jy graag die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? wil ontvang, kan jy gerus die bygaande koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.

□ Lewer asseblief die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel