Betroubare raad vir jongmense
Terwyl Bill, een van Jehovah se Getuies, tydskrifte naby ’n landdroskantoor in Kalifornië, V.S.A., aangebied het, het ’n man hom genader en gevra om al die nommers van die Ontwaak! te sien wat hy by hom gehad het. Bill vertel: “Vroeër het party in die gemeente vir my ouer tydskrifte gegee, en daarom kon ek vir hom ’n wye verskeidenheid wys.
“Die man het vinnig deur die tydskrifte gegaan en ’n hopie gemaak van dié wat hy nog nie gelees het nie. Hy het gevra of hy die hopie tydskrifte kon kry. Hy het hom as ’n werknemer van die distrikshof voorgestel en gesê dat hy jongmense wat in die moeilikheid is, berading gee. Hy het verduidelik dat hy die Ontwaak! kry sodat hy afskrifte van die ‘Jongmense vra’-artikels kan maak. Hy liasseer dan die artikels volgens onderwerpe en hou dit byderhand om dit vir die jongmense te gee wat na hom toe kom vir berading. Die man het gesê: ‘Die onderwerpe wat bespreek word, is tipiese probleme waarvoor jongmense vandag te staan kom.’ Hy het Jehovah se Getuies geprys vir sulke goeie inligting wat hulle publiseer om jongmense te help. Hy het bygevoeg dat hy in die volgende paar weke op die uitkyk vir my sou wees sodat hy enige nuwe nommers van die Ontwaak! by my kon kry.”
Baie van die inligting in die “Jongmense vra”-reeks kan in die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk gevind word. Jy kan hierdie boek met 320 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.