Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 4/8 bl. 32
  • Die belangrikste vergadering van die jaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die belangrikste vergadering van die jaar
  • Ontwaak!—2003
Ontwaak!—2003
g03 4/8 bl. 32

Die belangrikste vergadering van die jaar

Stel jou voor dat jy aan ’n siekte ly wat lewensgevaarlik is. ’n Operasie kan jou lewe red, maar jy kan dit glad nie bekostig nie. Sê nou ’n weldoener tree tussenbeide en bied aan om vir die operasie te betaal. Sal jy nie dankbaar wees vir sy lewensreddende geskenk nie?

Die Bybel leer dat die eerste mense, Adam en Eva, sonde en die dood aan al hulle nakomelinge oorgedra het. Elkeen van ons is dus in sekere sin met ’n terminale siekte gebore—en nie een van ons kan die behandeling bekostig nie (Psalm 49:7-9). Maar Jehovah God het sy Seun, Jesus Christus, as ’n losprys voorsien om die prys vir ons sondes te betaal. Weens hierdie lewensreddende gawe, het ons die geleentheid om vir ewig in die Paradys te lewe.—Romeine 6:23.

Op Woensdag, 16 April, ná sononder, sal Jehovah se Getuies Jesus se dood herdenk. Verlede jaar was meer as 15 000 000 by hierdie geleentheid teenwoordig, waarvan die meeste nie Jehovah se Getuies was nie. Jy word genooi om vanjaar se herdenking van Christus se dood by te woon. Dit is waarlik die belangrikste vergadering van die jaar. Vind gerus by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies hoe laat en waar dit gehou gaan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel