Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 11/22 bl. 32
  • Baie het oor sy dood getreur

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Baie het oor sy dood getreur
  • Ontwaak!—2002
Ontwaak!—2002
g02 11/22 bl. 32

Baie het oor sy dood getreur

Vroeër hierdie jaar, op die 12de Januarie, het Jesse Barnes, ’n meesterelektrisiën, weens beserings gesterf wat hy opgedoen het terwyl hy by ’n regeringsgebou in Washington, DC, gewerk het. Hy het sedert 1995 daar gewerk. “Almal was lief vir Jesse”, het ’n bestuurder gesê. ’n Administratiewe assistent het van Jesse gesê: “Hy was die soort persoon wat ’n mens onthou het, al het jy hom net een keer ontmoet.” Sy het ook gesê: “Hy het nooit sy oortuigings op jou probeer afdwing nie, maar as hy ander hoor vloek het, het hy vir hulle gesê om hulle te gedra.”

Jesse, wat 48 was toe hy gesterf het, het in 1993 een van Jehovah se Getuies geword. Twee amptenare het Jesse se weduwee, Maureen, genooi om hulle te besoek, wat sy op die 20ste Maart gedoen het. Sy het vir elkeen van hulle die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf en die video Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name gegee. Albei mans het waardering uitgespreek vir die geskenke. Een van hulle het gesê dat hy die besoek baie waardeer het, aangesien hy onlangs sy vader aan die dood afgestaan het en hy gesukkel het om dit te verwerk.

Miskien sal jy of iemand wat jy ken, ook vertroos word deur die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel