‘Ek moes net meer uitvind’
VERLEDE jaar het ’n vrou geskryf: “Gister het ek die brosjure Wat vereis God van ons? in die pos ontvang.” Sy het verduidelik dat sy vroeër twee advertensies vir die brosjure gekry het. “Ek het met afwagting uitgesien om dit te ontvang, want ek het geweet dat ek net meer moes uitvind nadat ek die advertensies gelees het”, het sy gesê. “Toe ek die brosjure gekry het, het ek dit so gou as wat ek kon, begin lees. Alles in julle brosjure maak sin en kom uit die Bybel.”
Sy het afgesluit deur te sê: “Ek voel dat ek iets móét doen omtrent wat ek gelees het.”
Ons dink dat jy ook daarby sal baat vind om die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons? te lees. Behalwe die interessante les “Wie is Jesus Christus?” word die volgende onderwerpe ook bespreek: “Wie is God?” “Wat is God se voorneme met die aarde?” en “Wat is die Koninkryk van God?” Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.