Sy het ’n skat in die kelderverdieping van ’n kerk gevind
Verlede jaar het ’n vrou in die noorde van die staat New York, VSA, vertel dat sy so ’n skat gevind het. In haar brief wat geadresseer is aan “Wie dit mag aangaan”, het sy geskryf: “Ek het hierdie boekie in die kelderverdieping van ’n plaaslike kerk gevind en dit huis toe geneem. Die boek se titel is Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe.”
Die vrou het verduidelik: “Daar is nog net vier hoofstukke oor voordat ek die boek vir ’n tweede keer deurgelees het. Dit was so interessant dat ek dit weer moes lees, maar stadiger, sodat alles kon insink. Ek het meer uit hierdie boek geleer as wat ek ooit by my plaaslike kerk geleer het. En ek het dinge geleer wat ek nooit tevore geweet het nie. Ek wens ek het meer sulke boekies gehad.”
Die boek wat die vrou gevind het, is 20 jaar gelede deur Jehovah se Getuies uitgegee, en meer as 81 miljoen eksemplare is in 112 tale gedruk. Hoewel dit nie meer gedruk word nie, kan jy die kerngedagtes van die boodskap wat dit bevat, vind in die brosjures Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? en Gee God werklik vir ons om?
Jy kan albei hierdie brosjures aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjures Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? en Gee God werklik vir ons om? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.