Televisiedebat oor Jehovah se Getuies
Gedurende 2000 en 2001 is ’n aanval geloods op Jehovah se Getuies in die land Georgië, ’n voormalige republiek van die Sowjetunie. ’n Gewilde televisiestasie in Georgië het ’n debat uitgesaai tussen ’n politikus, wat gevra het dat die Getuies verban moet word, en ’n professor, wat deur die hof aangestel is om die Getuies se lektuur te ondersoek.
In antwoord op ’n stortvloed beskuldigings aangaande die oortuigings van die Getuies het die professor beswaar gemaak dat die politikus se bewerings “ongegrond” is. Toe het hy gesê: “Hier is wat Jehovah se Getuies glo”, terwyl hy die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei vir die televisiekykers gewys het.
Die professor het toe die eerste paragraaf van die boek gelees, wat afsluit met die woorde: “Maar vir baie lyk dit of die lewe die een ernstige probleem na die ander oplewer. As dit met jou die geval is, kan jy moed skep.”
Hierdie publikasie gee Bybelantwoorde op vrae wat baie mense het. Daar is hoofstukke soos: “Wie is die ware God?”, “Waarom word ons oud en sterf ons?” en “Waarom laat God lyding toe?”
Wil jy graag ’n eksemplaar van hierdie boek met 192 bladsye ontvang sodat jy dit self kan ondersoek? Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.