“Geraak deur die liefde wat hy getoon het”
In ’n brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Joego-Slawië het ’n man van die stad Nisj geskryf:
“Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir julle dankie te sê. Ek lees elke dag ’n paar hoofstukke uit die Bybel, en ek geniet dit terdeë. Deesdae lees ek ook die brosjure Wat vereis God van ons? Ek wil julle bedank vir hierdie wonderlike instrument wat my help om die Bybel te verstaan. Alles in die brosjure word op ’n baie eenvoudige en verstaanbare manier verduidelik.
“Iets wat ek veral geniet het, was die les oor Jesus Christus. Ek is geraak deur die liefde wat hy getoon het toe hy sy volmaakte lewe vir mense gegee het wat hy nie eers geken het nie. Almal behoort sy offerande te waardeer en dankbaarheid daarvoor te toon.”
Ons is vol vertroue dat ook jy baat sal vind by brosjure met 32 bladsye, Wat vereis God van ons? Buiten die interessante les “Wie is Jesus Christus?” is daar ook ander lesse, onder meer “Wie is God?” “Wat is God se voorneme met die aarde?” en “Wat is die Koninkryk van God?” Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.