Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 4/8 bl. 32
  • Hulle is dopgehou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle is dopgehou
  • Ontwaak!—2002
Ontwaak!—2002
g02 4/8 bl. 32

Hulle is dopgehou

TWEE tieners het by ’n restaurant in ’n klein dorpie in Ohio, VSA, stilgehou om ontbyt te eet. Soos dit hulle gewoonte is, het hulle hulle hoofde gebuig en ’n stille gebed gedoen.

Na die tyd het ’n vrou wat hulle dopgehou het, na hulle tafel toe gekom en hulle rekening geneem. Sy het vir hulle gesê: “In ’n wêreld waar ons soveel slegte dinge omtrent ons jongmense hoor, is dit so verfrissend om twee jong mans te sien wat die tyd neem om God te dank vir hulle kos. Ek wil graag vir julle ontbyt betaal.”

Die seuns was sprakeloos, maar kon darem vir haar dankie sê. Later het hulle geredeneer dat hulle nie die vrou kon laat dink dat hulle sommer tot enige God gebid het nie. Een van hulle het dus die dame genader, en nadat hy haar weer bedank het, het hy vir haar gesê dat hulle Jehovah se Getuies is.

Dit is die gebruik onder Jehovah se Getuies om die Bybel as ’n gesin te bestudeer. Die ouers van hierdie seuns het dit gedoen. Een van die publikasies wat die gesinne bestudeer het, is Kennis wat tot die ewige lewe lei. Van die 19 hoofstukke in hierdie boek is daar een oor gebed met die titel “Hoe jy na aan God kan kom”.

Jy kan hierdie Bybelstudiehulp met 192 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel