Tussen afvalpapier gevind
DIT is waar ’n Tamilsprekende jong man in Chennai, Indië, ’n eksemplaar van die Ontwaak! van 8 Augustus 1999 gesien het. Nadat hy die tydskrif ondersoek het, asook ander eksemplare wat hy kon kry, het hy sy mening daaroor in ’n brief aan die Indiese takkantoor van Jehovah se Getuies uitgespreek.
“Ontwaak!”, het hy geskryf, “is ’n pragtige tydskrif, leersaam en baie nuttig. Die onderwerpe wat bespreek word, is van groot hulp. Veels geluk!”
Hy het toe gevra: “Ek wens dat hierdie insiggewende tydskrif wat na al die uithoeke van die wêreld reis, ook ’n deel van my persoonlik biblioteek kan wees. Nadat ek die tydskrifte gelees het wat tot dusver uitgegee is, wil ek graag die toekomstige nommers ontvang.”
Soos op bladsy 4 van elke tydskrif verduidelik word, voorsien Ontwaak! inligting oor talle onderwerpe. Nogtans sê sy verklaarde voorneme: “Bowenal bou hierdie tydskrif vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld wat die huidige bose, wettelose stelsel van dinge binnekort gaan vervang.”
Die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons? vestig die aandag op hierdie voorneme van God, en voorsien inligting uit die Bybel om te toon wat ons moet doen om sy goedkeuring weg te dra. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.