Jy is daarheen uitgenooi—Sal jy daar wees?
UITGENOOI WAARHEEN? Na die belangrikste vergadering wat jaarliks deur Jehovah se Getuies gehou word—die herdenking van die dood van Christus, wat gebaseer is op die Here se Aandmaal wat hy ingestel het. Matteus se verslag sê: “Jesus [het] ’n brood geneem, en nadat hy ’n seën gevra het, het hy dit gebreek en dit vir die dissipels gegee en gesê: ‘Neem, eet. Dit beteken my liggaam.’ Ook het hy ’n beker geneem, en nadat hy gedank het, het hy dit vir hulle gegee en gesê: ‘Drink almal daaruit; want dit beteken my “bloed van die verbond”, wat vir baie uitgestort sal word tot vergifnis van sondes.’”—Matteus 26:26-28.
Die betekenis van hierdie woorde sal verduidelik word by vanjaar se herdenking van die Here se Aandmaal, wat val op Donderdag, 28 Maart, ná sononder. Ons hoop dat jy daar sal wees. Vind asseblief by Jehovah se Getuies uit presies waar en hoe laat dit in julle omgewing gehou gaan word. Jy sal baie welkom wees.