Waar het lewe vandaan gekom?
Volgens die Bybel het God die ontsagwekkende verskeidenheid plante en diere op die aarde ontwerp en geskep. Maar kan ons die Bybelverslag vertrou? Kan dit die toets van die moderne wetenskap deurstaan?
Die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? beantwoord belangrike vrae oor die oorsprong van die heelal en lewe op die aarde. Jy kan hierdie boek met 192 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.