Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 11/8 bl. 32
  • Hoe moet kinders gedissiplineer word?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe moet kinders gedissiplineer word?
  • Ontwaak!—2001
Ontwaak!—2001
g01 11/8 bl. 32

Hoe moet kinders gedissiplineer word?

“Dit lei tot probleme as kinders hoor dat hulle wonderlik is ongeag wat hulle doen”, sê die Kanadese koerant, die National Post. Party ouers dink dat hierdie soort benadering hulle kinders se selfbeeld opbou. Maar volgens die sielkundige Roy Baumeister is “’n goeie selfbeeld gepas wanneer daar werklik ’n prestasie was, maar ouers moet hulle daarop toelê om kinders selfbeheersing te leer”.

’n Ouer wat bang is om sy of haar kind tereg te wys wanneer die kind iets verkeerds gedoen het, berokken die kind skade. Teregwysing is immers ’n metode van onderrigting. Dit leer die kind wat verkeerd gedoen het, om nie weer dieselfde foute te begaan nie. Ouers moet natuurlik nie die kind teregwys op ’n manier wat ongevoelig of buite verhouding tot die misstap is nie (Jeremia 46:28, NW). Hulle moet seker maak dat die teregwysing nie buitensporig is nie. Die Bybel sê: “Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, sodat hulle nie mismoedig word nie.”—Kolossense 3:21.

In die Bybel word teregwysing deurgaans verbind met liefde en sagmoedigheid, nie met woede en wreedheid nie. ’n Bekwame raadgewer moet “teer wees teenoor almal, . . . iemand wat hom onder die kwaad in bedwang hou, wat dié wat nie gunstiggesind is nie met sagmoedigheid onderrig” (2 Timoteus 2:24, 25). Ouerlike teregwysing moet dus nie bloot ’n uitlaatklep vir die ouer se emosies wees nie. Die Bybel keur dit geensins goed dat metodes gebruik word wat ’n kind sal skaad nie.

Wêreldwyd is miljoene al gehelp deur die boek Die geheim van gesinsgeluk, ’n boek met 192 bladsye. Van die leersame hoofstukke is: “Voed jou kind van kleins af op” en “Help jou tiener om te floreer”. Jy kan hierdie boek ontvang deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos. Jy sal spesifieke wenke vind wat jou kan help om probleme op te los en jou gesinslewe so gelukkig te maak soos wat die Skepper wou hê dit moet wees.

□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel