Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 11/8 bl. 10-11
  • “Soms dink ek dat ek droom!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Soms dink ek dat ek droom!”
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan moedig wees
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Hoe om eerlik te bly in ’n oneerlike wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Ons het versterkende hulp van God ontvang
    Ontwaak!—2005
  • Jongmense wat die waarheid liefhet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 11/8 bl. 10-11

“Soms dink ek dat ek droom!”

Lourdes staar by haar woonstelvenster uit na die stad, haar vingers oor haar bewende mond. Sy is ’n Latyns-Amerikaanse vrou wat meer as 20 jaar lank onder Alfredo, haar gewelddadige man, gely het. Alfredo is beweeg om te verander. Maar dit is nog steeds vir Lourdes moeilik om oor die fisiese en emosionele pyn te praat wat sy verduur het.

“Dit het net twee weke ná ons troue begin”, sê Lourdes met ’n sagte stem. “Eenkeer het hy twee van my tande uitgeslaan. ’n Ander keer het ek gekoes, en sy vuis het ’n klerekas getref. Maar die skelname het selfs seerder gemaak. Hy het my ’n ‘hopelose nikswerd’ genoem en my behandel asof ek geen intelligensie het nie. Ek wou hom verlaat, maar hoe kon ek met drie kinders?”

Alfredo raak Lourdes se skouer teer aan. “Ek is ’n beroepsman met ’n senior pos”, sê hy. “Ek het verneder gevoel wanneer ek ’n dagvaarding en ’n beskermingsbevel ontvang het. Ek het probeer verander, maar kort voor lank het ek weer dieselfde opgetree.”

Hoe het dinge verander? “Die vrou by die winkel op die hoek is een van Jehovah se Getuies”, verduidelik Lourdes, wat nou meer ontspanne lyk. “Sy het aangebied om my die Bybel te help verstaan. Ek het geleer dat vroue vir Jehovah God kosbaar is. Ek het die vergaderinge van Jehovah se Getuies begin bywoon, al het dit Alfredo aanvanklik woedend gemaak. Dit was vir my iets nuuts om tyd saam met vriende by die Koninkryksaal deur te bring. Ek was verbaas om te sien dat ek my eie oortuiging kon hê, dit vryelik kon uitspreek en selfs aan ander kon leer. Ek het besef dat ek kosbaar in God se oë is. Dit het my moed gegee.

“Daar was ’n keerpunt wat ek nooit sal vergeet nie. Alfredo het nog elke Sondag die Katolieke mis bygewoon, en hy het kapsie gemaak teen my bedrywighede saam met Jehovah se Getuies. Ek het hom reguit in die oë gekyk en kalm, maar vol vertroue, gesê: ‘Alfredo, jou menings en my menings verskil van mekaar.’ En hy het my nie geslaan nie! Nie lank daarna nie is ek gedoop, en in die vyf jaar sedertdien het hy my nooit weer geslaan nie.”

Maar groter veranderinge het voorgelê. Alfredo verduidelik: “Sowat drie jaar nadat Lourdes gedoop is, het ’n kollega wat een van Jehovah se Getuies is, my na sy huis toe genooi, en hy het interessante dinge uit die Bybel aan my verduidelik. Sonder om my vrou daarvan te vertel, het ek die Bybel saam met hom begin studeer. Kort daarna het ek saam met Lourdes na die vergaderinge toe begin gaan. Baie van die toesprake wat ek daar gehoor het, het oor die gesinslewe gehandel, en dit het my dikwels verleë laat voel.”

Alfredo was beïndruk om te sien dat gemeentelede, waaronder mans, ná die vergaderinge die vloer vee. Toe hy hulle tuis besoek het, het hy gesien hoe mans hulle vrouens help om die skottelgoed te was. Hierdie klein dingetjies het vir Alfredo getoon hoe ware liefde geopenbaar word.

Kort daarna is Alfredo gedoop, en nou dien hy en sy vrou as voltydse bedienaars. “Hy help my dikwels om die tafel ná maaltye af te dek en om die beddens op te maak”, sê Lourdes. “Hy prys my kookkuns en laat my toe om keuses te maak—soos na watter musiek ek graag wil luister of watter dinge ons vir die huis sal koop. Alfredo sou nooit tevore hierdie dinge gedoen het nie! Hy het onlangs vir die eerste keer vir my ’n bos blomme gekoop. Soms dink ek dat ek droom!”

[Prent op bladsy 10]

“Ek het besef dat ek kosbaar in God se oë is. Dit het my moed gegee”

[Prent op bladsy 10]

Alfredo was beïndruk om te sien dat gemeentelede, waaronder mans, ná die vergaderinge die vloer vee

[Prent op bladsy 10]

Hy het gesien hoe mans hulle vrouens help om die skottelgoed te was

[Prent op bladsy 10]

“Hy het onlangs vir die eerste keer vir my ’n bos blomme gekoop”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel