Die uitdaging om vir kinders te sorg
Brittanje is ’n welvarende Westerse land. Daar is nogtans na raming meer as 100 000 kinders—dubbel die getal wat voorheen geskat is—wat jaarliks van die huis af wegloop. Gevolglik word 1 uit 7 kinders fisies of onsedelik aangerand.
“Wanneer kinders vervreemd en verworpe voel, lyk dit dalk na ’n oplossing om weg te loop”, sê Ian Sparks, die bestuurshoof van die Genootskap vir Kinders, en hy voeg by: “Hierdie probleem raak kinders van alle agtergronde—die moontlikheid dat kinders uit ’n gegoede buurt en kinders uit ’n arm woonbuurt sal wegloop, is ewe groot.”
Dit is ’n groot verantwoordelikheid om vir kinders te sorg en hulle op te lei. Waar kan ’n mens hulp kry? Die publikasie Die geheim van gesinsgeluk is bedoel om in hierdie behoefte te voorsien. Die 16 hoofstukke sluit in: “Voed jou kind van kleins af op”, “Help jou tiener om te floreer” en “Beskerm jou gesin teen verderflike invloede”. Al 16 hoofstukke in die boek bevat praktiese raad en, nog belangriker, maak gebruik van die Bybel as ’n bron van wysheid wat ver bo ons s’n verhewe is.
Jy kan hierdie boek, Die geheim van gesinsgeluk, aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.