Hulp wanneer ’n geliefde sterf
’n Paar jaar gelede het Jehovah se Getuies ’n brosjure gepubliseer wat bespreek het hoe ’n mens die dood van ’n geliefde kan verwerk. Onlangs is ’n brief ontvang van ’n dankbare leser in die Bondsrepubliek van Joego-Slawië, wat geskryf het: “Ek wil uit die diepte van my hart vir julle dankie sê vir die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf. Dit dek voorwaar elke besonderheid oor die dood van ’n geliefde.”
Die skryfster het verduidelik: “Toe my broer in ’n ongeluk gesterf het, het die brosjure my van ‘uiters dringende hulp’ voorsien. Die gedeelte ‘’n Paar praktiese wenke’, op bladsy 18, het my werklik vertroos. Maar ná vier maande het ek ’n baie intense pyn sowel as nostalgie begin voel. Ek het bekommerd begin raak oor my emosionele gesondheid.
“Ek het weer hierdie brosjure gelees en op bladsy 9 in die venster ‘Die treurproses’ opgemerk dat die berustingstydperk gepaardgaan met hartseer sowel as nostalgie. Dit het my waarlik vertroos. Dankie vir julle tere medelye, wat julle deur hierdie brosjure toon.”
Miskien sal jy of iemand wat jy ken, ook vertroos word deur hierdie brosjure met 32 bladsye te lees. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf by my af.
Dui taalvoorkeur aan.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.