‘Dit voorsien in die behoefte’
Dit was die gevolgtrekking wat ’n vrou van Osaka, Japan, gemaak het oor die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Sy het geskryf:
“Hierdie boek help ’n mens om die Skepper deur die skepping en die Bybel te leer ken. Tot en met hoofstuk 5 bespreek dit verskillende feite aangaande dinge wat geskep is en toon dit dat daar bewyse van wet en orde onder hulle is, wat te kenne gee dat daar intelligensie daaragter moet wees.
“Ek wou inligting hê wat die wonders van die skepping in meer besonderhede bespreek. Hierdie boek voorsien in die behoefte. . . . Toe ek van die werking tussen proteïene en nukleïensure in die selle lees, het ek gevoel dat die presisie niks anders as ’n wonderwerk is nie.”
Omdat mense die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? lees, is baie gevolglik al beweeg om diep na te dink oor hoe ons hier gekom het en wat die doel van die lewe is. Jy kan hierdie boek met 192 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by my af. Dui taalvoorkeur aan
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.
[Diagram op bladsy 32]
Selfs net ’n vlugtige kykie in die komplekse wêreld en ingewikkelde funksies in elke liggaamsel laat die vraag ontstaan: Hoe het dit alles tot stand gekom?
[Foto-erkenning op bladsy 32]
“Pillars of Creation” op die voorblad van die boek: J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA