’n Ateïs kry antwoorde
“DIE artikels wat in julle tydskrifte Die Wagtoring en Ontwaak! gepubliseer word, is ongelooflik! Julle jongste nommers is onweerstaanbaar! Hulle beantwoord ’n klomp vrae en gee ook gemoedsrus.”
Dit is wat ’n leser van Suid-Indië gesê het. Hy was ’n Hindoe van geboorte, maar sy vader het hom as ’n ateïs grootgemaak. Hy sê: “Ek het geen doel in die lewe gehad nie. Darwin se evolusieteorie het onredelik geklink. Jare lank al is daar baie vrae wat my kwel, soos: Wie is God? Waarom is hierdie wêreld so verdorwe? Waar gaan ons ná die dood heen? Bestaan bose geeste werklik?”
Hierdie leser, wat die antwoorde op sy vrae in Die Wagtoring en Ontwaak! gekry het, het op albei tydskrifte ingeteken, geskenkintekeninge aan sy suster gestuur, en nou gee hy die tydskrifte vir mense wat hy ontmoet. Hy is ’n fotograaf en ’n kunstenaar en het gesê dat hy die kunswerk in die tydskrifte, wat “sonder woorde kommunikeer”, waardeer. Deur hierdie uitstekende tydskrifte te lees, kan jy by die miljoene mense regoor die wêreld aansluit wat antwoorde op hulle vrae en gemoedsrus gekry het.
As jy meer inligting oor God en sy voorneme vir ons wil hê, sal ons met graagte vir jou meer inligting stuur oor hoe jy die wydverspreide brosjure Gee God werklik vir ons om? kan kry. Vul net die bygaande koepon in en pos dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.
□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die brosjure Gee God werklik vir ons om? kan kry.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.
[Foto-erkennings op bladsy 32]
VOORBLAD, bladsye 2-9 en 32: Einstein: U.S. National Archives photo; Model T-Ford: Uit die versamelings van: Henry Ford Museum & Greenfield Village; Groot depressie: Dorothea Lange, FSA Collection, Library of Congress; Nikolaas II en gesin: Uit die boek Liberty’s Victorious Conflict; Volkebondgebou: U.S. National Archives photo; Churchill: The Trustees of the Imperial War Museum (MH 26392); Oorlogskip: U.S. Navy photo; Atoombomme: USAF photo; Gandhi: Culver Pictures; Man op die maan: NASA photo; Besoedeling: Godo-Foto; Mao Tse-toeng: Culver Pictures; Afrikakinders: FAO photo/F. Botts; Standbeeld van Lenin: Juraatis/Sipa Press; Pendeltuig: NASA photo; Aartshertog Ferdinand: Uit die boek The War of the Nations; Lenin: Musée d’Histoire Contemporaine-BDIC