Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 10/8 bl. 32
  • ‘Dit maak dat jy meer wil weet’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Dit maak dat jy meer wil weet’
  • Ontwaak!—1999
Ontwaak!—1999
g99 10/8 bl. 32

‘Dit maak dat jy meer wil weet’

DIT is wat ’n leser van Noord-Carolina, VSA, geskryf het oor die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? wat verlede jaar gepubliseer is. Sy het verder gesê: “Dankie dat julle vure van nuuskierigheid in my hart en verstand aangesteek het.” Daarna het sy die volgende gesê:

“Vandag, terwyl ek op my agterstoep gesit het, het ek ’n heldergroen spanruspe gesien. Hy het so versigtig rondbeweeg. Hy het eers voel-voel seker gemaak dat elke stappie vorentoe veilig is, en dan alte grasieus voortbeweeg. Maar hy was op die randjie van ons stoep. Ek het gedink dat hy waarskynlik niks sou oorkom as hy om die een of ander rede daar afval nie—’n hoogte van so een en ’n half meter. Maar as ’n mens van ’n vergelykbare hoogte sou afval, sou hy hom sekerlik doodval.”

Die vrou het gewonder: “Wat maak die spanruspetjie so anders?” Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat dit “net een van die miljoene vrae is waarop ek graag ’n antwoord sal wil hê. Maar intussen kan ons baie oor ons Skepper by daardie klein, groen ruspetjie leer.”

Jy sal dit baie insiggewend vind om te lees hoe ons wonderlike heelal, sowel as die groot verskeidenheid komplekse lewende organismes op aarde, bewys lewer dat daar ’n Grootse Skepper is. Jy kan hierdie sagtebandboek met 192 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? kan kry.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel