“My grootste begeerte”
’N KLAS skoolkinders in Vranje, Joego-Slawië, het die opdrag gekry om ’n opstel oor die bogenoemde onderwerp te skryf. Die volgende opstel is deur die agtjarige Sergej geskryf, en dit is later op die skool se kennisgewingbord gesit sodat almal dit kon lees.
“Ek wou eers skryf dat dit my grootste begeerte is om skool klaar te maak met die beste punte en om na Belgrado toe te gaan vir vakansie. Maar by die huis het ek aan iets anders gedink. My grootste begeerte is dat daar vrede in die hele wêreld moet wees, dat alle mense gelukkig moet wees en dat hulle mekaar moet liefhê en help. Ek wil graag hê dat alle mense gesond en ons planeet skoner moet wees.
“Vandag is die aarde met chemiese stowwe besoedel. Die water en lug is ook besoedel. Elke dag gaan duisende kinders dood van honger, en baie meer gaan dood as gevolg van siektes. Ek wil graag hê dat dit alles moet verdwyn, en ek wil hê dat alle kinders moet voel dat hulle ouers vir hulle lief is, sodat hulle gelukkig kan gaan slaap en weet dat elke nuwe dag ’n pragtige dag sal wees. Dit is nie in hierdie wêreld moontlik nie, maar in die toekoms wel. Dit is my grootste begeerte.”
Wat het Sergej so seker gemaak dat hierdie dinge werklik sal gebeur? Hy glo in die beloftes van God wat in die Bybel uiteengesit is. Die brosjure Gee God werklik vir ons om? beskryf hierdie beloftes in die deel “Die wonderlike nuwe wêreld wat God tot stand gaan bring”. Jy kan een van hierdie brosjures ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die brosjure Gee God werklik vir ons om? kan kry.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.