Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 9/8 bl. 32
  • Haar professor was bendruk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Haar professor was bendruk
  • Ontwaak!—1999
Ontwaak!—1999
g99 9/8 bl. 32

Haar professor was beindruk

VANAF Mei 1998 is die nuwe sagtebandboek met 192 bladsye Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? in lande regoor die wêreld vrygestel. Daar is nou al ver oor die tienmiljoen eksemplare in 33 tale gedruk. Waardering vir hierdie geloofversterkende publikasie is uit baie oorde gehoor.

’n Verpleegstudent van Suid-Carolina, in die Verenigde State, het oor die boek gesê: “Ek kon nie my oë glo toe ek by hoofstuk 4 oopmaak en ’n aanhaling lees uit die boek wat ons in die klas gebruik nie!

“Die volgende Maandag het ek my professor gevra of ek ’n oomblik met hom kon praat. Ek het vir [hom] die boek gegee en gesê dat ek weet hy die inligting interessant sal vind. Ek het hom bladsy 54 gewys wat oor die brein handel. Hy het dit begin lees en toe gesê: ‘Dit is interessant! Ek sal daarna kyk.’ Nadat ek die boek by my professor gelaat het, het ek ook vir twee van my klasmaats ’n boek gegee.”

Jy kan ook ’n eksemplaar van hierdie goed nagevorste, deeglik gedokumenteerde publikasie aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? kan kry.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Buiteblad: J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel