Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 7/22 bl. 32
  • Dit het hom aangespoor om weer die Bybel te lees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het hom aangespoor om weer die Bybel te lees
  • Ontwaak!—1999
Ontwaak!—1999
g99 7/22 bl. 32

Dit het hom aangespoor om weer die Bybel te lees

Dit is wat die brosjure ’n Boek vir alle mense vir ’n man van Mexiko gedoen het. Hy het die volgende oor die brosjure geskryf:

“Die vars en redelike manier waarop die onderwerpe behandel word, laat die leser met die begeerte om die Bybel te lees. . . . Wat ek veral geniet het, was die inleiding, die verwysings en die onderwerpe ‘’n Boek wat lewende tale “praat”’, ‘Kan hierdie boek vertrou word?’ en ‘Kom hierdie boek met die wetenskap ooreen?’ Hulle is almal eenvoudig, goed nagevors met illustrasies. . . .

“Hierdie inligting het my baie aangemoedig. Ek het die vreugde gesmaak om die hele Bybel te lees, maar die eerste ding wat ek gedoen het nadat ek hierdie brosjure gelees het, was om ’n grootdrukbybel te kry. Nou, ’n week later, lees ek die Bybel met groter geesdrif en met die begeerte om meer te leer.”

Ons is vol vertroue dat jy ook baie daarby sal baat vind om hierdie brosjure met 32 bladsye, ’n Boek vir alle mense, te lees. Jy kan ’n eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die brosjure ’n Boek vir alle mense kan kry.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

The Trustees of the Chester Beatty Library, Dublin

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel