Jy word hartlik uitgenooi
DIE dood van die man Jesus Christus meer as 1 900 jaar gelede was die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis. Dit het die vooruitsig van die ewige lewe onder Paradystoestande moontlik gemaak. Tydens ’n eenvoudige viering het Jesus wyn en ongesuurde brood as simbole van sy liefdevolle menseofferande gebruik. Daarna het hy vir sy dissipels gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen” (Lukas 22:19). Sal jy dit herdenk?
Jehovah se Getuies nooi jou hartlik uit om by hulle aan te sluit wanneer hulle hierdie Gedenkmaal vier. Dit sal ná sononder gehou word op die datum wat met 14 Nisan op die Bybel se maankalender ooreenstem. Jy kan dit by die Koninkryksaal naaste aan jou bywoon. Vind gerus by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies wanneer en waar dit gehou gaan word. Die datum vir die viering hierdie jaar is Donderdag, 1 April.