Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 3/8 bl. 13
  • Ná die storm het Christelikheid geseëvier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ná die storm het Christelikheid geseëvier
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Vloede in Mosambiek—Hoe Christene na slagoffers omgesien het
    Ontwaak!—2001
  • God is ons helper
    Ontwaak!—1999
  • ’n Gees van vrywilligheid bring seëninge mee
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Verenigde bouwerk op wêreldskaal
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 3/8 bl. 13

Ná die storm het Christelikheid geseëvier

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN MOSAMBIEK

DIE aand van 2 Maart 1998 het ’n hewige reënstorm in die stad Maputo, Mosambiek, losgebreek. Die volgende oggend was daar oral stormskade. Bome wat omgeval het, het oral langs die strand gelê, paaie is deur stormwater beskadig, dakke van party huise is afgewaai en ander huise het ineengestort.

Die geboue van die takkantoor van Jehovah se Getuies het stewig gestaan. Maar ’n naburige huis, ’n nederige houtraamgebou met ’n dak van sinkplate, het nie so goed gevaar nie. Die huis was te swak om die sterk winde te weerstaan, en dit het ingestort. Gelukkig het almal in die huis, ’n vrou en haar vyf kinders, ongedeerd daarvan afgekom. Maar in materiële sin het hulle feitlik alles verloor.

Vroeg die oggend het vrywillige werkers van die Wagtoringgenootskap se takkantoor die gesin besoek en hulle gekry waar hulle besig was om hulle paar besittings uit die rommel te probeer red. Hulle materiële verliese het hulle smart vergroot, aangesien hulle nie genoeg geld gehad het om hulle huis te herbou nie. Sonder ’n vader het die gesin net ’n skrale inkomste gehad, wat hulle gekry het deur voedselprodukte by ’n plaaslike mark te verkoop.

Nadat die skade vasgestel is, het Jehovah se Getuies gou aangebied om te help. Daar is besluit dat die boumateriaal wat van die vorige gebou oorgebly het nie vir hergebruik geskik was nie. ’n Span vrywilligers het gevolglik al die nodige materiaal bymekaargekry en ’n versterkte huisie begin bou.

Aanvanklik was die bure nuuskierig, maar hulle was spoedig verbaas toe hulle sien hoe vinnig die werk vorder. Binne vyf dae was die huis heeltemal herbou en kon die gesin intrek. Toe die vrou haar nuwe tuiste binnegaan, was sy sprakeloos. Maar woorde was nie nodig nie, want die blydskap van die moeder en haar kinders was duidelik toe die werkers hulle glimlaggende gesigte en oë vol innige waardering gesien het.

Die vrywilligers was ook gelukkig. Hulle was bly dat hulle die geleentheid gehad het om op ’n praktiese wyse die gees van ware Christelikheid te openbaar.—Galasiërs 6:10.

[Prente op bladsy 13]

5 Maart

6 Maart

7 Maart

Plaaslike Getuies het hierdie gesin se huis herbou

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel