Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 2/22 bl. 32
  • Dit het hom in sy soeke gehelp

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het hom in sy soeke gehelp
  • Ontwaak!—1999
Ontwaak!—1999
g99 2/22 bl. 32

Dit het hom in sy soeke gehelp

DIE lewe is moeilik vir baie mense regoor die wêreld, en party soek na die rede waarom dit so is. ’n Vyf-en-dertigjarige man met twee kinders van die stad Grodno, Belaroes, het geskryf:

“’n Vrou het my op straat genader en my die Ontwaak! aangebied. Ek het nie geweet waaroor hierdie tydskrif handel nie, maar aangesien dit mooi gelyk het, het ek dit geneem. Toe ek by die huis kom, het ek na die artikels gekyk, en hulle het my belangstelling geprikkel.

“Ek beskou myself nie as ’n gelowige nie. Maar in julle publikasie het ek betroubare antwoorde gevind op baie vrae waaroor ek gewonder het. Ons lewe is op die oomblik nie maklik nie, en ons het veral die Bybel se hulp nodig. Ek wil julle graag vra om vir my meer inligting oor God en sy leringe te stuur. Ek soek al lank na antwoorde op baie vrae, en julle publikasie het my in my soeke gehelp.”

’n Nuttige publikasie wat miljoene mense al gehelp het, is die brosjure met 32 bladsye Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Jy kan ’n eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos na die adres wat gegee word of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

□ Stuur vir my meer inligting oor hoe ek ’n eksemplaar van die brosjure Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? kan kry.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel