Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 6/8 bl. 3
  • ’n Kind met die naam Arm

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Kind met die naam Arm
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Gevangenes van armoede
    Ontwaak!—1998
  • Pogings om armoede te beëindig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Binnekort sal niemand meer arm wees nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Volg Jesus se voorbeeld en toon besorgdheid oor die armes
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 6/8 bl. 3

’n Kind met die naam Arm

IN ’N klein Afrikadorpie het ’n man met die naam Okot en sy vrou, Matina, hulle oor die geboorte van hulle eerste kind, ’n dogtertjie, verheug. Familielede en vriende het na die dorpie gereis om geskenke te bring en die kindjie ’n lang en gelukkige lewe toe te wens.

Die egpaar het ’n moeilike en beskeie lewe gelei. Hulle het op ’n klein stukkie grond geboer, en hulle huis, waar Matina geboorte geskenk het, was ’n kleisteengebou met ’n grasdak. Hulle was vasbeslote om hard te werk en dinge vir hulle eersgeborene makliker te maak as wat hulle dit gehad het. Om hulle aan hierdie doelwit te herinner, het hulle hulle dogtertjie Acan genoem, wat “ek is arm” beteken.

Wat hou die toekoms vir Acan in? As haar lewe die patroon van baie in haar land volg, sal sy dalk nooit leer lees en skryf nie. Wanneer sy volwasse is, sal sy moontlik maar sowat R925 per jaar verdien, as sy wel werk kan kry. En in haar land is die gemiddelde lewensduur maar net 42 jaar.

Acan se benarde situasie is nie uniek nie. Van die byna 6 miljard mense op aarde verdien sowat 1,3 miljard minder as R1800 per jaar. In ryk lande is dit gemiddeld R105 182. Elke dag word nog 67 000 by die menigte armes gevoeg, ongeveer 25 miljoen elke jaar. Die meeste woon in die ontwikkelende wêreld—Afrika, Asië en Latyns-Amerika. Maar selfs in ryk lande is daar dele waar mense in armoede leef. En 7 uit 10 van die wêreld se armes is vroue.

Die meeste mense ontkom nooit aan volslae armoede nie. Dit ontsê hulle hulle mees basiese behoeftes—kos, klere en blyplek. Dit kan hulle van vryheid, waardigheid, opvoeding en goeie gesondheid beroof. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê: “Armoede oefen sy vernietigende invloed uit in elke stadium van die mens se lewe, van die oomblik van bevrugting af tot in die graf. Dit smee saam met die dodelikste en pynlikste siektes om die lewe van almal wat daaraan ly ellendig te maak.”

Maar is die lewenstandaard in ontwikkelende lande nie aan die verbeter nie? In sommige lande, ja. In baie ander, nee. Die menslike ontwikkelingstydskrif Choices beskryf die opvatting dat “die armes se situasie beter word” as ‘’n gevaarlike mite’. Dit sê eerder: “Ons leef in ’n wêreld wat in werklikheid ekonomies al hoe meer gepolariseer word, tussen sowel as binne-in lande.”

Sal armoede aanhou om die mensdom vir ewig te teister? In die volgende twee artikels ondersoek die Ontwaak! hierdie ingewikkelde onderwerp en toon dit wat die oplossing daarvoor sal wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel