Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 3/22 bl. 3
  • Stres—“die stille doder”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stres—“die stille doder”
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Goeie stres, slegte stres
    Ontwaak!—1998
  • Stres—Die oorsake en gevolge
    Ontwaak!—2005
  • Stres—Wat dit aan ons doen
    Ontwaak!—2010
  • Stres—’n Ernstige gesondheidsgevaar
    Ontwaak!—2010
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 3/22 bl. 3

Stres—“die stille doder”

“Die eerste simptoom wat ek opgemerk het, was ’n hewige, drukkende pyn. Dit het naby my borsbeen begin; opgeskiet deur my skouers, nek en kake en toe weer in albei my arms afgegaan. Dit was asof ’n olifant op my bors gaan sit het. Ek kon skaars asemhaal. Ek het begin sweet. Ek het ingewandskrampe begin kry en toe ’n oorweldigende gevoel van naarheid. . . . Ek onthou hoe ek later, terwyl die verpleegsters my gehelp het om in ’n hospitaalbed te kom, verbaas gesê het: ‘Ek kry ’n hartaanval.’ Ek was vier-en-veertig jaar oud.”

SO BESKRYF dr. Robert S. Eliot in sy boek From Stress to Strength hoe hy meer as 20 jaar gelede op die drumpel van die dood was. Vroeër daardie oggend het hy ’n konferensie bygewoon en ’n lesing gegee—wat ironies genoeg oor hartaanvalle gehandel het. Skielik het dr. Eliot, ’n hartspesialis, hom bevind aan wat hy “die verkeerde kant van die lakens in ’n hartsorgeenheid” noem. Waaraan skryf hy sy onvoorsiene krisis toe? “Binne-in my”, sê dr. Eliot, “was my eie fisiese reaksies op stres besig om my dood te maak.”a

Soos dr. Eliot se ondervinding toelig, kan stres lewensgevaarlik wees. Trouens, in die Verenigde State is dit al aan ’n paar van die vernaamste doodsoorsake gekoppel. Die gevolge van stres kan met verloop van tyd ongemerk toeneem en dan skielik sonder waarskuwing na vore kom. Dit is dus om goeie rede dat stres al “die stille doder” genoem is.

Verbasend genoeg is diegene met tipe A-persoonlikhede—wat deur ongeduld, aggressiwiteit en mededingendheid gekenmerk word—nie die enigstes wat vatbaar is vir stresverwante katastrofes nie. Diegene wat op die oog af kalm persoonlikhede het, kan ook in gevaar verkeer, veral as hulle kalmte bloot ’n brose skyn is, soos ’n swak deksel op ’n stoompot. Dr. Eliot voel dat dit in sy geval waar is. Nou waarsku hy ander: “Jy kan vandag dood neerval—onbewus daarvan dat jy jare lank ’n tydbom aan jou hart gehad het.”

Maar hartaanvalle en skielike sterfte is nie die enigste probleme wat al aan stres gekoppel is nie, soos die volgende artikel sal toon.

[Voetnoot]

a Hoewel stres een bydraende faktor is, is daar in die meeste gevalle van ’n hartaanval aansienlike vernouing van die kroonslagare weens aterosklerose. Dit sal dus onverstandig van iemand wees om die simptome van hartsiekte ligtelik op te neem en miskien te dink dat hy genees sal word as hy bloot stres verminder. Sien die Ontwaak! van 8 Desember 1996, bladsye 3-13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel