Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 1/22 bl. 32
  • “Julle lewer ’n wonderlike diens aan mense”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Julle lewer ’n wonderlike diens aan mense”
  • Ontwaak!—1998
Ontwaak!—1998
g98 1/22 bl. 32

“Julle lewer ’n wonderlike diens aan mense”

’n Man van Goa, Indië, het twee eksemplare van die Ontwaak! by twee van Jehovah se Getuies geneem wat sy huis besoek het. Nadat hy dit gelees het, het hy die volgende brief aan die uitgewers van die tydskrif geskryf:

“Ek moet die twee dames bedank wat my huis onlangs besoek het en eksemplare van die Ontwaak! by my gelaat het. Omdat ek gedink het dat dit propaganda is, het ek ’n tyd lank nie aandag daaraan geskenk nie. Maar eendag het ek een van die tydskrifte deurgeblaai wat oor die ‘Amasone-reënwoud’ (22 Maart 1997) gehandel het. Ek het dit begin lees en kon die tydskrif nie neersit voordat ek dit heeltemal en noukeurig deurgelees het nie.

“Ek het die inhoud van die Ontwaak! baie interessant en leersaam gevind. Die verskeidenheid onderwerpe het my ook gefassineer. Wat ek die meeste waardeer het, was die baie redelike en gebalanseerde benadering van die verskeie artikels.”

Hierdie man wat die Ontwaak! vir die eerste keer gelees het, het bygevoeg: “Julle lewer ’n wonderlike diens aan mense deur sulke waardevolle inligting na hulle huise toe te bring.”

Jy kan ook daarby baat vind om die Ontwaak! te lees. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe om nog ’n eksemplaar te ontvang of as jy wil hê dat iemand jou by jou huis moet besoek om die Bybel met jou te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel