Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 7/22 bl. 32
  • “Bring vir my veertig. Ek sal hulle versprei”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Bring vir my veertig. Ek sal hulle versprei”
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 7/22 bl. 32

“Bring vir my veertig. Ek sal hulle versprei”

As deel van hulle Bybelonderrigwerk in die suide van Duitsland het Wolfgang en sy vrou, Waltraut, by verskeie geleenthede vir ’n man eksemplare van die Ontwaak! aangebied. Hy het dit altyd van die hand gewys en gesê: “Ek het reeds so baie om te lees.”

Maar die egpaar het gedink dat die man dalk die artikel “Wanopvattings oor Jehovah se Getuies word uit die weg geruim”, in die Ontwaak! van 22 November 1996, sou lees. Die artikel was oor ’n toespraak wat by ’n Rotariërklub in Kalifornië, in die Verenigde State, gehou is.

Toe Wolfgang die tydskrif by daardie artikel oopmaak en dit vir die man wys, het die man dit begin lees. Hy het toe gevra of hy dit mag hou. “Ek sal dit vanaand lees wanneer ek nie so besig is nie”, het hy gesê.

Wolfgang en sy vrou het die man weer drie dae later raakgeloop. Wat was sy reaksie? “Die artikel was baie interessant”, het hy gesê.

Waarom was hy so beïndruk? Hy het blykbaar ook ’n paar wanopvattings oor Jehovah se Getuies gehad. Hy was nou seker dat sy vriende by die Rotariërklub dit sou geniet om die artikel te lees. “Kan julle nog eksemplare van hierdie artikel kry?” het hy gevra.

“Hoeveel wil jy hê?” het Waltraut gevra.

“Bring vir my veertig. Ek sal hulle versprei.”

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die Ontwaak! kan ontvang of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel