Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 5/22 bl. 31
  • Die wysheid van onthouding en monogamie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die wysheid van onthouding en monogamie
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Vigs—Hoe gaan dit eindig?
    Ontwaak!—1992
  • Hoe kan ek voorkom dat ek vigs opdoen?
    Ontwaak!—1993
  • Hulp aan diegene met vigs
    Ontwaak!—1994
  • VIGS—’n Krisis vir tieners
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 5/22 bl. 31

Die wysheid van onthouding en monogamie

TOT op hede is byna 30 miljoen mense al met die vigs-virus besmet, en meer as 6 miljoen het al gesterf. Ongeveer 8500 nuwe gevalle word elke dag gediagnoseer—1400 van hulle is kinders, wat gewoonlik binne hulle eerste lewensjaar sterf. Kampanjes vir sogenaamde veilige seks het die publiek se aandag getrek, maar sommige voel dat dit nie genoeg is nie. “Vigs is ’n dodelike siekte”, skryf dr. Steven J. Sainsbury in The Tampa Tribune, “en enige maatreëls wat getref word om die oordraging daarvan te voorkom, moet 100 persent effektief wees.”

Aangaande die gebruik van kondome as ’n manier om vigs te voorkom, sê dr. Sainsbury: “Kyk so daarna. Gestel motorkarre het om die een of ander onbekende rede skielik begin ontplof elke keer as iemand dit aanskakel. Regoor die land word motoriste opgeblaas. Uiteindelik kom die regering met ’n oplossing vorendag. Voeg net hierdie bymiddel by die brandstof, sê hulle, en die gevaar van ontploffings sal met 90 persent verminder. Sal jy voel dat die probleem opgelos is? Sal jy voortgaan om jou motor te bestuur? Ek twyfel. Nou waarom aanvaar ons dan kondome as die oplossing vir vigs?”

Dr. Sainsbury erken dat vigs in die meeste gevalle deur seksuele omgang veroorsaak word, en stel dus hierdie oplossing voor: “Geen seks totdat jy gereed is om jou te verbind tot ’n monogamiese verhouding met ’n onbesmette persoon. Die sleutelwoorde is onthouding en monogamie.”

Die Bybel vereis seksuele onthouding van ongetroude persone en monogamie vir diegene wat getroud is. Die Bybel se hoë standaarde verbied hoerery, egbreuk en homoseksualiteit (Matteus 19:4-6; 1 Korintiërs 6:9, 10; 7:8, 9). Hoewel baie mense hierdie standaard kritiseer en sê dat dit oudmodies of ouderwets is, bevorder die Bybel se sedes gesondheid en gemoedsrus.—Jesaja 48:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel