Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 10/8 bl. 32
  • “Raadpleeg eerder die Ontwaak!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Raadpleeg eerder die Ontwaak!”
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 10/8 bl. 32

“Raadpleeg eerder die Ontwaak!”

DIT is wat vir Pasquale, ’n jong Getuie van Jehovah wat ’n kollegekursus in Bari, Italië, gevolg het, gesê is toe hy sy sielkundeonderwyseres se aantekeninge oor dwelmverslawing gevra het. Tog was hierdie onderwyseres voorheen bevooroordeeld teen Jehovah se Getuies. Wat het haar gesindheid laat verander?

Pasquale het verduidelik: “Aan die einde van ’n les het die onderwyseres haar studente gevra om haar te help soek na gegewens oor kindermolestering, die onderwerp wat sy vir ’n nagraadse verhandeling voorberei het. Ek het gedink aan ’n paar nommers van die Ontwaak! wat dít en verwante onderwerpe bespreek het, soos ‘Seksonderrig—Wie moet dit gee?’ (22 Februarie 1992). Maar aangesien ek bewus was van my onderwyseres se vooroordeel teen die Getuies, het ek ’n klasmaat gevra om die tydskrifte vir haar te gee.”

Pasquale beskryf wat ’n paar dae later gebeur het toe hy sy onderwyseres gevra het of hy haar aantekeninge oor dwelmverslawing kon kry: “Sy het nie onmiddellik geantwoord nie. Sy het eerder opgestaan en my hand kom skud. Sy het gesê dat sy nie voorheen die tydskrifte van Jehovah se Getuies wou neem nie omdat sy gedink het dat dit te eenvoudig en naïef is. Maar nadat sy dit gelees het, het sy van mening verander. Sy het gesê dat sy die inhoud van die tydskrifte uit ’n maatskaplike oogpunt baie nuttig gevind het. Sy het gesê dat sy van die gedagtes in die Ontwaak! in haar verhandeling gaan gebruik.”

Wat van die aantekeninge oor dwelmverslawing wat Pasquale gevra het? “Ek sal dit met graagte vir jou gee”, het sy geantwoord, “maar raadpleeg eerder die Ontwaak! Dit is ’n tydskrif wat baie goeie onderwerpe behandel, en dit is selfs op universiteitsvlak nuttig.”

Ontwaak! bespreek hedendaagse probleme en probeer praktiese hulp gee aan diegene wat voor groot of klein uitdagings in die alledaagse lewe te staan kom. As jy graag wil weet watter hulp die Bybel kan voorsien, kan jy gerus in aanraking kom met Jehovah se Getuies, wat die Ontwaak! versprei, of jy kan na die gepaste adres op bladsy 5 skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel