Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 7/22 bl. 32
  • Hy het eerlikheid gesoek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het eerlikheid gesoek
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 7/22 bl. 32

Hy het eerlikheid gesoek

’n Jong vrou in Ecuador het vir ’n onderhoud om ’n betrekking gegaan. Ná sy met die ander kandidate gesels het—daar was altesaam 36—het sy besef dat haar kanse maar skraal was. Hulle het ondervinding in die werk asook universiteitsopleiding gehad, terwyl sy nie een van die twee gehad het nie. En van die ses vrae wat gevra is, het sy twee verkeerd beantwoord. Een vraag was egter van ’n persoonlike aard: “Wat beteken waarheid vir jou?”

Die vrou het geantwoord: “Waarheid is nie ’n abstrakte begrip nie, maar iets wat ons moet uitleef. Ons moet die waarheid praat en nie lieg nie, want as ons lieg, volg ons Satan die Duiwel na. As ons die waarheid praat, behaag ons God en verkry ons baie persoonlike voordele.”

Toe die bestuurder vra aan watter godsdiens die vrou behoort, het sy geantwoord dat sy een van Jehovah se Getuies is. Die volgende dag het hulle haar in kennis gestel dat sy vir die betrekking gekies is. ’n Maand later het die vrou die bestuurder gevra waarom hy haar gekies het, en hy het gesê dat dit as gevolg van haar eerlikheid was.

Is dit nie waar dat baie mense vandag oneerlik is nie? Daarteenoor is mense wat die Bybel respekteer bekend vir hulle eerlikheid. Die Wagtoring van 1 Julie 1995 het gesê: “In die Bybel is ‘waarheid’ glad nie soos die abstrakte, vae begrip waaroor filosowe debatteer nie.”

Jy sal daarby baat vind om Die Wagtoring, wat regoor die wêreld bekend is as ’n voorstander van Bybelwaarheid, gereeld te lees. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar kan ontvang of as jy ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel