Wie spaar, dié het
IN ONS hedendaagse verbruikersgemeenskap het die veilige verwydering van vullis en gevaarlike afvalprodukte ’n nagmerrie geword. In teenstelling hiermee is God se skepping ’n wonder van besparing en herbenutting. Neem byvoorbeeld die heuningkoek. Byewas, waarmee die heuningkoek gebou word, is ’n duur produk—’n heuningby het 16 gram heuning en ’n onbekende hoeveelheid stuifmeel nodig om net een gram byewas te maak. Hoe bespaar die bye byewas? “Die waswande van die heuningkoekselle kom bymekaar in drieë met hoeke van 120 grade, wat ’n reëlmatige patroon van seshoeke vorm”, verduidelik die boek By Nature’s Design. “Hierdie patroon stel die bye in staat om die kleinste hoeveelheid byewas te gebruik en terselfdertyd ’n stewige struktuur te voorsien waarin heuning geberg kan word.” ’n Meesterlike struktuur verenig dus ’n pragtige vorm met ’n doelmatige funksie, en dit kan herbenut word!
As jy dit geniet om artikels oor die wetenskap en natuurwonders te lees en graag die Ontwaak! gereeld wil ontvang, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in aanraking kom of skryf na die naaste adres op bladsy 5.