Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 3/8 bl. 27
  • Afrikamiskruiers verleen hulp!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Afrikamiskruiers verleen hulp!
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Die miskruier se vermoë om rigting te hou
    Ontwaak!—2014
  • Lewendige juwele van die insekwêreld
    Ontwaak!—2004
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1992
  • Die sensors van die Melanophila-kewer
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 3/8 bl. 27

Afrikamiskruiers verleen hulp!

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN SUID-AFRIKA

WIE sou twee eeue gelede, toe beeste in Australië ingebring is, kon voorsien het dat dit ernstige probleme vir die land sou oplewer?

Met verloop van tyd is weivelde met beesmis besaai, en dit het verhinder dat gras op sekere plekke groei of het die gras vir die beeste oneetbaar gemaak. Die hope mis het mettertyd groot broeiplekke vir lastige vlieë geword. Volgens ’n verslag in die tydskrif Africa—Environment & Wildlife het die probleem teen die sewentigerjare inderdaad “’n reusagtige ekonomiese en ekologiese krisis geword”. Daar is geraam dat “meer as tweemiljoen hektaar weiveld elke jaar onproduktief word . . . , groot hoeveelhede stikstof weens die onbegrawe mis nie in die grond teruggeplaas word nie en vlieëgetalle epidemies word”.

Wat het verkeerd geloop? In Afrika maak die miskruiers die veld gewoonlik gou en doeltreffend skoon. Die mis wat begrawe word, bemes die grond en maak dit meer poreus, en dit verbeter die groei van plante. Op hierdie manier word skadelike vliegspesies onder beheer gehou en word parasieteiers vernietig, wat voorkom dat bakteriesiektes versprei.

Maar wat die vroeë koloniste in Australië nie besef het nie, was dat die Australiese miskruiers net die klein, harde, bolvormige kuttels van die inheemse diere bewerk en nie die groot, sagte misbolle van beeste kan baasraak nie.

Wat kon gedoen word? Voer miskruiers vanuit ander lande in! Die Afrikasoort (waarvan daar ongeveer 2000 spesies is) kan byvoorbeeld ontsaglike hoeveelhede sagte mis, soos dié van olifante, baasraak. Vir hierdie miskruiers is die verwydering van beesmis geensins ’n probleem nie. Maar wat ’n groot aantal miskruiers is tog nodig om die taak te verrig! Africa—Environment & Wildlife berig dat daar in een nasionale park “7000 miskruiers by ’n enkele hoop olifantmis aangetref is” en dat daar in ’n ander park “binne 12 uur 22 746 . . . by ’n hoop olifantmis van 7 kg versamel is”. Dink net wat ’n ontsaglike aantal miskruiers nodig sal wees om Australië se katastrofiese probleem aan te pak!

Gelukkig is daar tans ’n merkwaardige verbetering in die situasie—danksy die Afrikamiskruiers.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel