Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 2/8 bl. 32
  • ‘O, as almal tog maar soos hulle was!’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘O, as almal tog maar soos hulle was!’
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 2/8 bl. 32

‘O, as almal tog maar soos hulle was!’

Dit was die woorde van ’n rubriekskrywer in die Luxemburgse koerant Letzebuerger Journal. Van wie het hy gepraat?

Hy was na Pole toe om ’n viering van die 50ste herdenking van die bevryding van Auschwitz by te woon en het opgemerk dat een groep wat baie daar gely het nooit gemeld is nie. In sy rubriek van 2 Februarie 1995 het hy hierdie groep as Jehovah se Getuies geïdentifiseer en geskryf: “Nie die heel ergste opsluiting of konsentrasiekamp, of die gevaar dat hulle ellendig in verhongeringsbarakke of onder die byl of guillotine kon sterf, kon hulle hulle geloof laat verwerp nie.” Hy het voorts gesê: “Selfs wrede SS-wagte het hulle verwonder oor die moed waarmee Jehovah se Getuies hulle dood tegemoetgegaan het.”

Jehovah se Getuies het nie die dood gesoek nie. Maar duisende van hulle het, soos die Christene in die eerste eeu, eerder die dood verkies as om Christelike beginsels prys te gee. Sulke geloof het hulle in die donker dae van die Derde Ryk as besonder anders gekenmerk.

Die rubriekskrywer het so afgesluit: “O, as alle mense tog maar soos Jehovah se Getuies was!” As hulle was, sou die Tweede Wêreldoorlog nooit plaasgevind het nie.

Jy kan selfs in hierdie wêreld vol probleme geluk vind deur juiste Bybelkennis aangaande God, sy Koninkryk en sy wonderlike voorneme vir die mens op te doen. As jy graag meer inligting wil hê of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis Bybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel