Hulle het haar aandag getrek
In Mei 1995 het ’n vrou in die stad New York aan die hoofkwartier van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York, geskryf. Sy het verduidelik:
“Ek het met 124ste straat-Oos afgeloop, tussen Eerste- en Tweedelaan. Ek het toevallig afgekyk, en die wind het ’n paar traktate rondgewaai. Ek het gebuk en drie van julle traktate opgetel, naamlik Vertroosting vir dié wat aan depressie ly, Put genot uit jou gesinslewe en Wie heers werklik oor die wêreld? Ek het hulle deurgelees en dit werklik baie geniet.
“Ek sal dit waardeer as julle so gaaf sal wees om vir my inligting oor die gratis tuisbybelstudiekursus te stuur. Ek wil ook graag, indien dit moontlik is, van julle lektuur ontvang. Wat my betref, was dit ’n seëning dat die liewe Heer die drie traktate op my pad gesit het sodat ek hulle kon vind. Die Here werk waarlik op raaiselagtige maniere.”
As jy graag hierdie interessante traktate wil lees of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.